Quantcast
Channel: Regsake (RSG potgooi)
Viewing all 188 articles
Browse latest View live

Regsake

$
0
0
Is jou huwelik geldig as jy op die strand trou? Wat behels die misdaad van verberging van 'n geboorte en wat is die straf daarvoor? Wat stel 'n kworum daar by vergaderings van die lede of trustees van 'n deeltitelkompleks, en hoe kan besluite wat sonder 'n kworum geneem is deurgevoer word?

Regsake

$
0
0
Igna Klynsmith praat met Ian Wessels oor Suid Afrikaanse burgers se reg op konsulêre bystand in die buiteland, die geldigheid van elektroniese handtekeninge, en die verskil tussen 'n "warranty" en 'n "guarantee." Hy bespreek ook vergoeding vir grondonteiening en spesifiek of die ontwikkelingspotensiaal van die grond in ag geneem moet word.

Regsake

$
0
0
Die volgende regsvrae word beantwoord: Watter buitengewone magte het die SAID om verskuldigde belasting in te vorder? Wie is verantwooordelik vir die instandhoudingskoste van 'n huis wat aan 'n vruggebruik onderworpe is? Hoe kan 'n bejaarde erflater sy volwasse kinders gelyk laat erf waar daar verskeie eiendomme in die boedel is?

Regsake

$
0
0
Riette Oosthuizen sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith vir 'n regstreekse uitsending. Sy beantwoord luisteraars se regsvrae oor egskeiding en onderhoud.

Regsake

$
0
0
Igna Klynsmith beantwoord die volgende regsvrae van luisteraars: Is 'n eiendomsagent wat nie 'n getrouheidsfondssertifikaat het nie, geregtig op kommissie? Rus daar enige verpligting op die eienaars van aftreeoorde om aktiwiteite vir inwoners te reël? Kan 'n mens na jou troue nog 'n huweliksvoorwaardekontrak sluit? Wanneer kan deeltiteleienaars self die hof nader sonder om die beheerliggaam daarin te ken?

Regsake

$
0
0
'n Vrou vertel hoe 'n man se troubeloftes haar oortuig het om haar huis en motor te verkoop. Was sy net naief, of watter regsmiddels is tot haar beskikking? Igna Klynsmith beantwoord ook 'n luisteraar se vraag oor hoe 'n mens kan uitvind wie die eksekuteur van 'n boedel is, en bespreek 'n hofsaak oor die toets om te bepaal of 'n huwelik ingevolge die gewoontereg geldig is.

Regsake

$
0
0
Riëtte Oosthuizen spesialiseer in egskeidings en onderhoud. Sy sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith en beantwoord onder die volgende vrae: Waar begin 'n mens om onderhoud te eis as jy nie 'n prokureur kan bekostig nie? Hoe word redelike en billike onderhoud bepaal? Sy bespreek ook 'n hofsaak wat dit moeiliker sal maak om bates weg te steek.

Regsake

$
0
0
Riëtte Oosthuizen beantwoord die volgende vrae oor onderhoud: Tot op watter ouderdom is 'n kind geregtig op onderhoud? Hoe kan die onderhoudsbedrag verhoog of verlaag word? Hoe kan betaling van 'n onderhoudsbevel afgedwing word? Is daar raad as die een ouer die kinders onbehoorlik teen die ander een beinvloed? Wat is die effek daarvan as 'n vrou wat onderhoud ontvang, in 'n saamwoonverhouding betrokke raak?

Regsake

$
0
0
Igna Klynsmith bespreek die volgende regsvrae met Ian Wessels: Mag afskrifte van elektroniese dokumente as ware afskrifte gesertifiseer word? Is daar 'n verskil in die kworum wat benodig word as lede van 'n deeltitelkompleks besluite moet neem oor luukse en nie-luukse verbeterings? Wie betaal vir die regskoste van presidente se hofsake? Igna gesels ook oor die kwessie van mense wat by sosiale geleenthede "net gou" regsadvies by prokureurs soek.

Regsake

$
0
0
Kan 'n prokureur van die rol geskrap word a.g.v. oneerlikheid met sy eie egskeiding? Is die wet op die wysiging van burgerskap terugwerkend van krag? Kan daar kopiereg wees op danspassies? 'n Luisteraar vra hoekom regslui die hof se tyd mors deur mense te verdedig wat hulle mos weet skuldig is.

Regsake

$
0
0
Igna Klynsmith gesels oor die pligte van die eienaars van dagsorgsentrums vir kinders, mynregte op grond waarop inheemse stamme woon, en die vrywaring van aanspreeklikheid vir beserings opgedoen op 'n "bootcamp."

Regsake

$
0
0
Igna Klynsmith verduidelik wat geografiese aanwysers is, en bespreek BTW op agentekommissie. Hy gee ook raad vir paartjies wat saamwoon, en bespreek 'n hofsaak van Trevor Manuel teen die EFF, asook een van die "daggapaartjie" wat aansoek gedoen het om 'n hofsaak op hulle webwerf uit te saai.

Regsake

$
0
0
Daar was onlangs baie oproepe om die doodstraf weer in te stel omdat mense glo dit sal as afkrikmiddel vir misdaad dien, maar is die aanname korrek? Igna Klynsmith kyk na statistiek uit ander lande waar die doodstraf heringestel is. Hy bespreek ook 'n hofsaak tussen 'n bejaarde se kinders oor die koste van sy aftree-oord, en gee syfers oor egskeiding. In een provinsie skei baie meer mense as in al die ander - en dit is nie die een waarin die meeste mense woon nie.

Regsake

$
0
0
Igna Klynsmith bespreek die volgende regsvrae: Is die gemeenskaplike boedel gebonde as die een gade alleen borg teken? Wanneer kan iemand met Downsindroom 'n geldige testament verly? Is 'n skool geregtig om 'n leerder, wie se skoolgeld agterstallig is, uit te sluit van skoolaktiwiteite? Wat kan ek doen as skuldeisers my pla vir rekeninge wat ek nie verskuldig is nie? Igna gesels ook oor onregmatige mededinging in die handelswêreld.

Regsake

$
0
0
Igna Klynsmith bespreek wyd uiteenlopende regsvrae en hofsake met Ian Wessels. Hy gee inligting oor 'n nuwe ombud vir banke, en gee raad aan 'n vrou wie se eks-man gesê het die opbrengs op sy uitkeerpolis gaan steeds na haar toe. Hofsake wat bespreek word, is een oor grondeise op Hilton College se perseel; hoe R120-miljoen van belastingbetalers se geld deur 'n staatsdepartement verkwis is; en een oor wanneer die vertoon van die ou landsvlag op haatspraak neerkom.

Regsake

$
0
0
Igna Klynsmith gee raad aan 'n vrou wat wil seker maak dat haar kinders die huis erf, en nie haar man se tweede vrou nie, as sy voor hom te sterwe kom. Hy bespreek ook 'n nuwe wet wat bepaal dat kommissie net aan eiendomsagente betaal mag word as hulle behoorlik geregistreer is. Igna waarsku ook mense wat al hoe makliker uiting gee aan padwoede sonder om die risiko's wat hulle loop, behoorlik te besef.

Regsake

$
0
0
Kan 'n skuldeiser self die oorlede skuldenaar se boedel aanmeld as niemand dit doen nie? Word nuwe howe geskep om aan die toenemende vraag te voldoen? Ander regsvrae wat Igna Klynsmith met Ian Wessels bespreek, handel oor die koop van eiendom op afbetaling sonder 'n banklening; die regte van plaaswerkers om hulle familie te begrawe op die plaas waar hulle lewenslank werk; en die jongste hofsaak oor hidroliese breking.

Regsake

$
0
0
Igna Klynsmith gesels oor die dokumentasie wat nodig is om wildsvleis te vervoer; hofsake wat 'n motorhandelaar beveel het om 'n verbruiker se geld wat sy vir 'n nuwe motor betaal het, terug te gee; die tersydestelling van die Seriti-kommissie se bevindings; en 'n man wat tronk toe gestuur is omdat hy sy ek wederregtelik van sy mediese fonds verwyder het.

Regsake

$
0
0
Word die eksekuteursgelde van 3,5% op die volle gemeenskaplike boedel bereken, of net op die oorledene se helfte? Wat is die verskil tussen crimen injuria en strafregtelike laster? Kan net 'n prokureur 'n boedel by die meester aanmeld? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak oor heraanstelling ná onregverdige ontslag, en konsepwetgewing oor die akkreditasie van kursusse.

Regsake

$
0
0
Igna Klynsmith praat met Ian Wessels oor die erf van vuurwapens; die implikasies daarvan om as getuie te teken; die gevolge van insolvensie van 'n langtermynhuurder vir die verhuurder; en wat om te doen as jou kontrak nie 'n kansellasieklousule bevat nie. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor die hersiening van staatstenders.
Viewing all 188 articles
Browse latest View live