Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Hofaansoeke van 'n lesbiese paartjie wat albei as moeders erken wil word, en 'n kind wat 'n pa se "belofte" op WhatsApp om sy Lotto wengeld te deel, wil afdwing. Die regte van 'n outistiese kind om 'n gidshond aan te hou. Mag 'n pa sy ander kinders se skoolgelde ook betaal uit die trustfonds van sy parapleegdogter? Is dit raadsaam om aparte testamente op te stel vir elke land waarin jy bates het?
↧