Ian Wessels bespreek luisteraars se regsvrae met Igna Klynsmith. Dit sluit in die hoë risiko om 'n bedelaar by 'n verkeerslig raak te ry; wat gebeur as 'n erflater se jongste testament nie gevind kan word nie; wat is die volgorde van eise teen die boedel van 'n man wat buite gemeenskap van goedere met die aanwasbedeling getroud was, en wat is die verskil tussen 'n lewende testament en 'n "Do Not Resuscitate" dokument?
↧