Volker Kruger sluit weer by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om vrae oor kommersiële reg te beantwoord. Hoe werk die "huur gaat voor koop" beginsel by die langtermyn huur van 'n plaas? Watter skuldeiser kry voorkeur - 'n verhuurder of die houer van 'n notariële verband oor roerende goed? Hoe kan vinnig stygende munisipale koste, wat deel van die prys vorm, in 'n langtermyn huurkontrak gereguleer word? Wat kan jy doen as jy geld in 'n besigheid belê het, maar jou vennoot wat dit bestuur, verduister van die geld? Hoe werk die voetstootsklousule by vaste eiendom?
↧